Geagte kollegas en studente
In die beklemtoning van ons verbintenis tot meertaligheid, inklusiwiteit en transformasie in lyn met ons Visie 2030, is ek bly om die universiteitsgemeenskap in te lig dat die Raad van die Universiteit van Kaapstad (UCT), tydens sy laaste gewone vergadering in Desember 2024, die UCT Taalbeleid goedgekeur het, tesame met die raamwerk vir implementering daarvan.
Hierdie beleid sal ons help om beide die buitengewone diversiteit binne ons gemeenskap en ’n omgewing waar taal as ’n hulpbron vir leer, navorsing en kommunikasie waardeer word, te omhels.
Die hersiene UCT-taalbeleid is meertalig, met Engels, IsiXhosa en Afrikaans as die amptelike tale van die universiteit. Daarbenewens identifiseer die beleid Afrikaaps (Kaaps), Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SASL) en Khoekhoegowab en N|uu as tale vir ontwikkeling deur UCT.
Die beleid beklemtoon die bevordering van gemarginaliseerde Suid-Afrikaanse inheemse tale in onderrig, leer, navorsing en kommunikasie. Dit sluit in die ondersteuning van isiXhosa as ’n onderrigtaal saam met Engels en die aanmoediging van studente en personeel om meertalige benaderings in hul akademiese werk in te sluit.
Die kernbepalings van die beleid is:
Fakulteite en Professionele, Administratiewe Ondersteuning en Diens (PASS) departemente sal taalimplementeringsplanne ontwikkel wat op hul behoeftes afgestem is – om deur die Senaat goedgekeur te word – en met gereelde hersienings elke vyf jaar. Die Taalbeleidkomitee sal hierdie pogings ondersteun deur onder andere vertaaldienste te verskaf, meertalige onderrigstrategieë te ondersteun en navorsing in inheemse tale te bevorder.
Die UCT-taalbeleid en die raamwerk vir implementering daarvan is op Donderdag, 27 Februarie 2025 tydens UCT se viering van Internasionale Moedertaaldag bekendgestel.
Hierdie beleid weerspieël UCT se verbintenis om te verseker dat taal nie meer ’n hindernis tot onderwys is nie, maar ’n brug tot kennis, vooruitgang en innovasie. Deur te streef na ’n meertalige omgewing, poog ons om ons studente en personeel in staat te stel om met diverse tale en kulture te skakel, en sodoende by te dra tot ’n inklusiewe en transformerende akademiese ervaring.
Ons erken dat die suksesvolle implementering van hierdie beleid die gesamentlike poging van almal in ons gemeenskap vereis. Aktiewe deelname en ondersteuning deur alle personeel en studente sal van kardinale belang wees om hierdie visie ’n werklikheid te maak.
Ons erken ook dat die UCT-gemeenskap ’n aantal onmiddellike vrae oor die beleid en die implementering daarvan mag hê. Vir enige vrae of bekommernisse, voel asseblief vry om jou fakulteit of departement te kontak, en lynbestuurders sal met die UCT Meertalige Onderwysprojek koördineer om hierdie vrae óf via departementele groepsessies óf skriftelike antwoorde aan te spreek.
Laat ons voortgaan in ons verbintenis om UCT ’n meer inklusiewe en diverse instelling te maak.
Saam is ons UCT!
Opregtelik
Professor Mosa Moshabela
Visekanselier
Read previous communications:
This work is licensed under a Creative Commons Attribution-NoDerivatives 4.0 International License.
Please view the republishing articles page for more information.